Hulp word gevra om ‘n vermeende reeksverkragter in Bloem op te spoor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 22
- 1 min read
Die polisie vra Bloemfonteiners se hulp om ’n verdagte op te spoor wat gesoek word vir verkragting en sameswering om moord te pleeg.
Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, het die man glo vroue deur Facebook en ander sosialemediaplatforms gelok deur vals identiteite te gebruik.
Die polisie sê die verdagte het onlangs ’n vrou na ’n woonstel in Navalsig genooi waar sy glo bedwelm en verkrag is.
Die slagoffer het daarin geslaag om te ontsnap en die voorval aan te meld.
Die Bloemfonteinse landdroshof het intussen ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van die 32-jarige Lloyd Mcdonald Siswe Jacobs uitgereik.
Die polisie waarsku vroue om versigtig te wees wanneer hulle mense deur sosiale media ontmoet.
Enigiemand met inligting oor Jacobs se verblyfplek word versoek om die polisie te kontak.








Comments