top of page

ICASA publiseer gewysigde reëls oor databundels

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 27
  • 1 min read

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (ICASA) het gewysigde reëls oor die vervaldatum van databundels vir selfone gepubliseer.


Die gewysigde reëls sal oor ‘n jaar in werking tree. Volgens ICASA het selfoon operateurs in die land die letterlike interpretasie van die huidige regulasies onderhou maar die onderliggende bedoeling ontduik – wat tot die uitbuiting van verbruikers gelei het.


Die nuwe reëls sal die outomatiese oordrag van enige ongebruikte databundels - of ‘n gedeelte daarvan ten minste een keer aan die einde van die bundel se geldigheidstydperk - insluit.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page