ICASA stel satellietverslag in April beskikbaar
- Armando Pieters

- Feb 10
- 1 min read
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (ICASA) sê sy verslag oor die toekoms van satellietdienste in Suid-Afrika sal in April beskikbaar wees. SABC News berig die reguleerder het ʼn reeks openbare verhore in Gauteng afgehandel om ʼn deursigtige regulerende raamwerk vir satellietdienste te ontwikkel. Groot satellietmaatskappye en selfoonoperateurs het insette gelewer, met Elon Musk se SpaceX wat sy verteenwoordiger vir sy mondelinge deelname onttrek het. In 'n vroeër skriftelike voorlegging het Starlink se moedermaatskappy gevra dat die lisensiëringsvereistes verander word om swart ekonomiese bemagtiging as vereiste te verwyder. ICASA sê SpaceX se skriftelike voorlegging bly geldig en sal oorweeg word. Die owerheid wag op ʼn amptelike beleidsrigting van die minister voor enige verdere besluit.





Comments