top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Idac erken ontvangs van klagtes teen sy hoof

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 22
  • 1 min read

 Minder as 'n maand nadat die Kantoor van die Toesighoudende Regter oor die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie (Idac) tot stand gebring is, gaan sy hoof, Andrea Johnson, ondersoek word.


Die kantoor het bevestig dat hy meer as een klagte teen Johnson ontvang het. Hoewel die kantoor bevestig het dat die klagtes ontvang is, wou dit nie kommentaar lewer oor die inhoud daarvan nie. Die kantoor het beklemtoon dat die ontvangs van 'n klagte nie beteken dat daar reeds bevind is dat enige oortreding plaasgevind het nie.


Eyewitness News berig die kantoor lewer gewoonlik nie kommentaar op klagtes wat ontvang is of sake wat oorweeg word nie. Weens die buitengewone openbare belangstelling in hierdie aangeleentheid, die groot aantal medianavrae wat ontvang is en die feit dat die bestaan van die klagtes reeds in die openbaar is, ag die kantoor dit egter gepas om te bevestig dat die klagtes ontvang is.


Andrea Johnson. FOTO: IOL
Andrea Johnson. FOTO: IOL

 
 
 

Comments


bottom of page