Inbrekers plunder Bloemfonteinse skool

Apr 8, 2025
1 min read
Verskeie klaskamers, ‘n kamerastelsel en die snoepie het deurgeloop toe inbrekers by Hoërskool Sand du Plessis, in Bloemfontein, ingebreek het. Volgens Netwerk24 word die omvang van die skade nog bepaal. Daar is onder meer skade aan die kamerastelsel, wat die skool verlede jaar teen amper ‘n kwartmiljoen rand geinstalleer het. Volgens skoolhoof, Riana Nel, het minstens 10 klaskamers onder die inbrekers deurgeloop. Netwerk24 berig verder polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê niemand is nog in verband met die inbraak in hegtenis geneem nie.








Comments