Inflasie en internasionale konflik maak brandstofpryse skrikwekkend meer as verlede jaar
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Danksy inflasie en die konflik in die Midde-Ooste, is brandstofpryse ’n skrikwekkende 28,7% hoër as ’n jaar gelede.
Nie eens verskeie JSE-genoteerde maatskappye, veral koskleinhandelaars, se ingrypings om hul dieselkoste te probeer beperk, was werklik voldoende om die prysskok, wat grotendeels te wyte is aan die ontwrigting in die verskaffingsketting, te bekamp nie.
Netwerk24 berig die amptelike inflasiesyfer in Mei het 4,5% beloop. Statistieke Suid-Afrika (SSA) sê dit volg op April se aanvanklike prysskok toe inflasie tot 4% die hoogte ingeskiet het nadat dit in Maart nog 3,1% was.
Volgens SSA se data was Mei die tydperk wat die ekonomie wesenlik die impak van hoë oliepryse en gevolglik rekordvlakke van brandstofpryse beleef het.
Daar is hoop dat dié syfers sal begin daal namate die VSA en Iran hul voortgesette dog wankelrige vredesooreenkoms uitvoer. Oliepryse het reeds die laaste paar dae skerp gedaal ná dié aankondiging Sondag.








Comments