Inflasie sal na verwagting daal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 8
- 1 min read
Inflasie in Suid-Afrika sal na verwagting hierdie jaar tot 3% daal.
Dit is, ná druk van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, in lyn met die nuwe inflasieteiken wat deur Nasionale Tesourie ingestel is.
Die bank het aangevoer dat die vorige teikenreeks van 3-6% Suid-Afrika minder mededingend gemaak het.
Ekonome sê laer voedselpryse, ’n sterker rand en brandstofprysverlagings sal inflasie laag hou, met 3% teen Februarie in sig.







Comments