Informele boere se rondloperdiere is ‘n enorme probleem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 9, 2025
- 1 min read
Die waarskynlike uitbreking van Afrika-varkpes op Bredasdorp, vestig opnuut die aandag op die landwye impak wat informele boere se rondloperdiere op die verspreiding van siektes het. Landbouweekblad berig die Kaap Agulhas-munisipaliteit het verlede week in ‘n kennisgewing aangeduid at die moontlike uitbreking van die siekte onder varke van informele boere ondersoek word. Luidens ‘n verslag het meer as 160 varke reeds van die siekte gevrek. Volgens Simon Goble van ‘n varkboerdery in Swellendam, kom informele boere se rondlopervarke in verskeie gedeeltes voor. Die besturende direkteur van Overberg Agri voeg by dit is ‘n enorme probleem en dat dit net ‘n kwessie van tyd was voor dit tot hierdie situasie gelei het.






Comments