top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Inheemse Australiese raadslid verwelkom nie Koning Charles nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 21, 2024
1 min read

Inheemse raadslid, Lidia Thorpe, het anti-koloniale slagspreuke geskree tydens Koning Charles van Engeland se besoek aan die Australiese parlement. Eyewitness News berig dat wetgewers en ander hooggeplaastes geskok was oor die uitlatings. Sy het geëis dat hulle grond teruggegee moet word na afloop van die 75-jarige koning se toespraak. Thorpe het klem gelê daarop dat Koning Charles nie haar koning is nie, en het die volksmoord van Inheemse Australiërs deur Europese setlaars veroordeel. Australië was vir meer as 100 jaar ’n Britse kolonie, waar duisende Aborigines vermoor is en gemeenskappe verskuif is.

 
 
 

Comments


bottom of page