top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Inheemse Australiërs vies vir Jamie Oliver oor kinderboek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 11, 2024
1 min read

Jamie Oliver se kinderboek, Billy and the Epic Escape, is aan boekrakke onttrek nadat inheemse Australiërs gevoel het die inhoud is skadelik en oneerbiedig. Die National Aboriginal and Torres Strait Islander Education Corporation meen Oliver dra by tot die uitwissing, verkleinering en stereotipering van hul kultuur. Maroela Media berig die televisiepersoonlikheid het gesê dit was glad nie sy bedoeling nie, terwyl sy uitgewers, Penguin Random House UK, verantwoordelikheid aanvaar en om verskoning vra vir die fout. Die uitgewer dra by dat Oliver gevra het vir ‘n egtheidslesing, wat hulle toe nie gedoen het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page