top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Inheemse tale moet ‘n groter rol in howe speel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 29
  • 1 min read

Inheemse tale moet volgens die adjunkminister van justisie, Andries Nel, 'n groter rol in Suid-Afrika se regstelsel speel.


Hy het dié oproep tydens 'n openbare lesing aan die Universiteit van Mpumalanga gedoen.


Nel sê inheemse tale moet nie net vir hoftolking gebruik word nie, maar ook in regsopleiding, beregting en regspraak.


Hy het voorgestel dat die universiteit, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Regterlike Opleiding en die Brigitte Mabandla Justice College saamwerk om 'n nasionale sentrum vir uitnemendheid in justisie-opleiding, navorsing en professionele ontwikkeling te vestig.


Volgens Nel kan dit regsterminologie, tolke-opleiding, navorsing en toegang tot geregtigheid versterk.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page