Insette word gevra oor die verhoging van minimum loon
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 6
- 1 min read
Belanghebbendes word genooi om insette te lewer oor aanpassings aan die nasionale minimumloon vir 2027.
Die Nasionale Minimumloonkommissie vra jaarliks insette, wat in 'n aanbevelingsverslag saamgevat word. Dit is onwettig vir werkgewers om werknemers minder as die laagste verpligte vergoeding vir elke gewone uur gewerk te betaal.
Business Tech berig hoewel die verhoging vir 2027 nog bepaal moet word, het die kommissie in die verlede deurgaans aanpassings aanbeveel wat hoër as inflasie was.
Met inflasie wat weer toeneem en volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank na verwagting gemiddeld 4,4% sal beloop, sal die nasionale minimumloon na verwagting volgende jaar bo die basisvlak van R31,56 per uur styg. Minimum loon is tans R30,23 per uur.








Comments