top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Insitituutlede skerp paraatheid op vir moontlike Ebola-gevalle

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 15
  • 1 min read

Lede van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes woon vandeesweek 'n vierdaagse werkswinkel in Pretoria by soos Suid-Afrika sy paraatheid opskerp vir enige moontlike ingevoerde gevalle van die dodelike Ebola-virus.


Eyewitness News berig hoewel daar tans geen bevestigde Ebola-gevalle in Suid-Afrika is nie, sê gesondheidsowerhede dit bly noodsaaklik om voorbereid te wees terwyl die uitbreking in Sentraal-Afrika voortduur.


Die instituut huisves een van slegs twee bioveiligheidsvlak 4-laboratoriums in Afrika. Hierdie hoësekuriteitslaboratoriums is toegerus om van die wêreld se gevaarlikste patogene, insluitend Ebola, veilig te toets.


Die laboratorium bied ook gespesialiseerde toetssteun aan ander lande in die streek, wat dit 'n belangrike deel van Afrika se siektemoniteringsnetwerk maak.


Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die opleiding vorm deel van 'n breër nasionale poging om te verseker dat Suid-Afrika se wetenskaplikes, laboratoriums en gesondheidstelsel gereed is indien die virus die streek sou bereik.


Ter illustrasie. FOTO: EWN
Ter illustrasie. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page