Interaktiewe dinosourus-sentrum open in Vrystaat

Die Vrystaatse Kgodumodumo Dinosaur Interpretation Centre open volgende week in die Golden Gate Highlands Nasionale Park. Volgens SA People News bied die interaktiewe besoekersentrum uitstallings aan oor fossiele en prehistoriese lewensvorme asook die wetenskaplike en kulturele betekenis van die gebied. Die sentrum sal veral die dinosourus-oorblyfsels wat in die gebied gevind is, insluitend die ontdekking van die wêreld se oudste dinosourus-embrio's, beklemtoon. SANParks, wat die nasionale park bestuur, hoop dat die nuwe fasiliteit besoekersgetalle sal verhoog, en volgens die Departement van Toerisme sal die sentrum ook meer werksgeleenthede in die Vrystaat skep. Dit aangesien die opleiding van ‘n nuwe groep plaaslike gidse ook deel van die projek uitmaak.








Comments