Internasionale bande word by die Naval Hill-planetarium versterk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 hours ago
- 1 min read
As deel van pogings om internasionale akademiese bande te versterk het die Universiteit van die Vrystaat se Departement Fisika ’n private planetariumvertoning is by die Naval Hill-planetarium vir Indië se konsul-generaal, Niteen Subhash Yeola, aangebied.
Volgens inligting wat gedeel is, het Natalie Matchett - ’n doktorale student in astrofisika, die besoekers op ’n reis deur die sonnestelsel en verder die heelal in geneem.
Tydens sy besoek aan Bloemfontein het die konsul-generaal ook die Anglo-Boereoorlogmuseum besoek, waar ’n borsbeeld van Mahatma Gandhi opgerig is.
’n Spesiale uitstalling by die museum wys Gandhi se rol tydens die oorlog en die bydrae van Indiese vrywilligers.
Die besoek lê klem op die groeiende akademiese en kulturele bande tussen Suid-Afrika en Indië.








Comments