top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Internasionale reddingswerkers kom in Mianmar aan

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 29, 2025
  • 1 min read

Internasionale reddingswerkers het in Mianmar begin aankom terwyl die soektog na oorlewendes voortgaan ná ‘n kragtige aardbewing. Volgens die land se militêre regering het die dodetal tot minstens 694 gestyg met ‘n duisend-670 mense wat beseer is. SABC-nuus berig die junta-leier, Min Aung Hlaing, het gesê paaie, brûe en geboue word geraak en hulle verwag dat die sterftes en beserings nog skerp kan styg. Hy het die internasionale gemeenskap gevra vir hulp en skenkings. ‘n Chinese reddingspan het vroeër Saterdag in Mianmar aangekom, terwyl Rusland ook ‘n span reddingswerkers, sowel as dokters en snuffelhonde stuur. Die VSA het ook aangedui dat hy bystand sal verskaf. Die aardbewing het Vrydag oor middagete getref en honderde geboue in die buurland, Thailand is ook beskadig. Nege mense is in Thailand dood en 101 word vermis, waarvan die meeste konstruksiewerkers is wat vasgekeer is in die puin van ‘n 33-verdieping gebou wat in die hoofstad, Bangkok, in duie gestort het.

 
 
 

Comments


bottom of page