top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Intimidasie en haatspraak skend menseregte’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê geweld, intimidasie, plundering en haatspraak is onaanvaarbaar en skend menseregte. Dit kom ná onlangse gewelddadige aanvalle op buitelanders.


Die kommissie doen ’n beroep op kalmte en respek vir die oppergesag van die reg. Dit het gemeenskappe aangespoor om kriminele aktiwiteite by die polisie aan te meld in plaas daarvan om die reg in eie hande te neem.


Die kommissie het ook ’n beroep op die regering en polisie gedoen om dringend op te tree om verdere geweld te voorkom en waarsku dat optrede buite die wet sosiale samehorigheid en grondwetlike waardes bedreig.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page