top of page

Intimidasie sal nie geduld word nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 20
  • 1 min read

Geen intimidasie wat voortspruit uit getuienis wat gelewer is, sal geduld word nie. So sê die Parlement se ad hoc-komitee wat beweerde polisiekorrupsie ondersoek.


Dit volg nadat die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan glo Woensdagaand ‘n dreigende boodskap aan polisieminister Senzo Mchunu se stafhoof, Cedric Nkabinde, gestuur het.


Nkabinde het voor die komitee getuig, en O’Sullivan in beweerde inmenging in polisiebedrywighede en die beïnvloeding van senior wetstoepassingsbeamptes geïmpliseer.


Sommige komiteelede wil hê dat O’Sullivan dringend ontbied word.


Ander lede het die parlement se regsdienste versoek om die saak te ondersoek en gesê dat hulle ‘n verantwoordelikheid het om getuies te beskerm.


Paul O’Sullivan. FOTO: Facebook
Paul O’Sullivan. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page