top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Invoertariewe is op SA ingestel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

Suid-Afrika is een van sowat 60 lande wat deur nuwe Amerikaanse invoertariewe geraak word.


Die Trump-administrasie het nuwe tariewe van 10 en 12.5% op goedere van sy handelsvennote ingestel.


Suid-Afrika is met die hoër tarief van 12.5% getref, hoewel sekere produkte, waaronder lemoene, vrugtesappe, neute, koejawels, mango's, papajas, goud en platinum, daarvan vrygestel is.


Die Kantoor van die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger sê die besluit volg op maande se ondersoeke, konsultasies, openbare verhore en voorleggings oor die toepassing van verbodsbepalings teen dwangarbeid.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page