top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Inwoners van Brandwag-woonstelle boos vir Mangaung-metro

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 10, 2024
1 min read

Gemoedere het teen vroegaand Maandag nog hoog geloop by die maatskaplike behuisingseenhede in die Brandwag woonbuurt in Bloemfontein. Honderde ontstoke inwoners het Maandag buite die woonstelblokke saamgedrom, terwyl taakspanne met die proses begin het om te bepaal of inwoners aan die vereistes voldoen om hier te woon. Die behuisingskema van die Mangaung-metro is geoormerk vir mense wat minder as R7 500 per maand verdien. Tog word daar beweer talle wat hier woon, verdien ver meer. Besighede word ook glo onwettig vanuit die woonstelle bedryf. Owerhede het beslag gelê op drank en yskaste, van taverne wat onwettig hier bedryf word. Sello More, stadbestuurder van die metro, sê aan SABC News hier is ook ‘n karwas-onderneming met ‘n onwettige aansluiting tot munisipale water.

 
 
 

Comments


bottom of page