Inwoners van Delhi word aangemoedig om binnenshuis te bly
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 13
- 1 min read
Dokters in Indië het inwoners, veral kinders en ouer mense in Delhi aangeraai om, tensy dit absoluut noodsaaklik is, nie buitentoe te gaan nie.
Dit kom nadat die luggehalte in die hoofstad tot ernstige vlakke versleg het.
Volgens die owerhede kan die besoedeling gesonde individue aantas en diegene met bestaande siektes ernstig beïnvloed.
Skole is gevra om hibriede klasse vir laerskoolleerders aan te bied, en nie-noodsaaklike konstruksieaktiwiteite is nou verbied.






Comments