top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Inwoners van Orania het 'reg tot selfbeskikking'

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 10, 2025
  • 1 min read

Die DA sê hy glo die inwoners van Orania in die Noord-Kaap en Kleinfontein buite Pretoria het ingevolge die grondwet ‘n reg op selfbeskikking. SABC-nuus berig die party het gepraat tydens ‘n debat oor dié gemeenskappe in die Nasionale Vergadering. Die EFF-leier, Julius Malema, het die debat aangevra, en gesê die bestaan van sulke gemeenskappe hou ‘n bedreiging in vir nasiebou en maatskaplike samehorigheid. Die DA-parlementslid, Mlindi Nhanha, sê die grondwet waarborg die reg tot vryheid van keuse en assosiasie.

 
 
 

Comments


bottom of page