top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Iran bestempel Trump as 'n dobbelaar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 23, 2025
  • 1 min read

Iran sê die Amerikaanse president Donald Trump is ‘n “dobbelaar” omdat hy hom by Israel se militêre veldtog teen Iran aangesluit het.

Voorts sê Iran Amerika se aanval op sy kernaanlegte het die reeks wettige teikens vir sy gewapende magte uitgebrei.

Die woordvoerder van Iran se sentrale militêre hoofkwartier sê Amerika moet swaar gevolge vir sy optrede verwag.

Volgens Netwerk24 het die woordvoerder bygevoeg Trump het dalk die oorlog begin, maar Iran sal dit beïndig.

Iran en Israel het lug- en missielaanvalle uitgeruil terwyl die wêreld hom nou staal vir Teheran se reaksie op Amerika se aanval op sy kernaanlegte die naweek.

 
 
 

Comments


bottom of page