top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Iran dreig weer om die Straat van Hormuz te blokkeer

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Apr 18
  • 1 min read

Iran het opnuut gedreig om die Straat van Hormuz in die Persiese Golf te sluit indien Amerika voortgaan met sy blokkering van Iranse hawens.


SABC-nuus berig dit volg op Iran se aankondiging Vrydag dat die seestraat vir die duur van die skietstaking in Libanon vir alle handelskepe heropen sal word. Amerika het onderneem om met sy blokkering van Iranse hawens vol te hou terwyl vredesamesprekings voortduur.


Iran bestempel Amerika se optrede as 'n skending van die skietstaking. Kommer bestaan dat Amerika se volgehoue blokkering moontlik kan veroorsaak dat Iran Amerika se skepe aanval wat die hawens blokkeer. 


Straat van Hormuz. FOTO: Al Jazeera
Straat van Hormuz. FOTO: Al Jazeera

 
 
 

Comments


bottom of page