top of page

Iran loods vergeldingsaanvalle op Israel

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 14
  • 1 min read

Iran het vergeldingsaanvalle op Israel geloods, met ontploffings wat in Jerusalem en Tel Aviv, die land se twee grootste stede, gehoor is. Dit na Israel se grootste militêre aanval ooit teen sy langdurige vyand. Reuters berig volgens Israel se weermag het Iran minder as 100 missiele afgevuur en die meeste is onderskep. Die Israeliese aanvalle op Iran en die Iranse vergelding het vrese vir 'n breër oorlog laat ontstaan. Intussen het Suid-Afrika in ‘n mediaverklaring deur die Ministrie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking hul diep kommer oor die Israel-aanvalle uitgespreek, veral oor die implikasies van kernveiligheid en -sekuriteit wat voortspruit uit aanvalle in die omgewing van kernfasiliteite.

 
 
 

Comments


bottom of page