top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Iran oorweeg steeds die 'n vredesvoorstel van die VSA

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 7
  • 1 min read

Iran sê ’n voorstel van die Verenigde State om die konflik tussen die twee lande te beëindig, word steeds oorweeg te midde van berigte dat onderhandelinge moontlik naby aan ’n ooreenkoms is.


Volgens berigte kan die voorgestelde 14-punt-raamwerk beperkings op Iran se kernprogram, verligting van sanksies en die heropening van die Straat van Hormuz insluit.


Die Amerikaanse president Donald Trump sê gesprekke die afgelope 24 uur was positief en dat ’n ooreenkoms steeds moontlik is. Iranse amptenare waarsku egter dat Teheran gereed is om op te tree indien gesprekke misluk.


FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page