Iran vertrou nie Israel oor wapenstilstand
- Armando Pieters

- Jun 30
- 1 min read
Iran sê hy het min vertroue in Israel se toewyding tot ‘n wapenstilstand, wat die mees intense en vernietigende konfrontasie tussen die twee vyande tot op hede beëindig het. Die 12-dag oorlog het op 13 Junie uitgebreek toe Israel ‘n bomaanval op Iran geloods het. Teheran het met ballistiese missielaanvalle op Israeliese stede teruggekap. Die aanvalle het gesprekke tussen Iran en die VSA van stryk af gebring, en Amerika het later saam met Israel Teheran se kernfasiliteite aangeval. Volgens EWN sê ‘n Iranse militêre woordvoerder hulle betwyfel Israel se nakoming van die wapenstilstand, maar hulle is gereed om weer met geweld te reageer indien hulle weer aangeval word ses dae na die wapenstilstand.





Comments