top of page

Islamitiese organisasie nie as politieke party geregistreer

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 14
  • 1 min read

Die Islamic State of Africa se aansoek om as politieke party te registreer is deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) afgekeur.

Dit volg ná verskeie besware en versuim om aan registrasievereistes te voldoen.

Eyewitess News berig die OVK het gesê die Islamic State of Africa kon nie die minimum van 300 handtekeninge van geregistreerde stemmers bekom nie.

Die organisasie het ook sy registrasiekennisgewing in 'n koerant met beperkte sirkulasie gepubliseer, wat volgens die OVK nie voldoende openbare kennisgewing is nie.

Die OVK het in 'n verklaring gesê daar is meer as 200 besware ontvang wat beweer die groep se konstitusie wil beleide wat op Sharia-wet gebaseer is, bevorder, wat die OVK sê is teen Suid-Afrika se konstitusionele waardes.

Die Islamic State of Africa het 30 dae om die OVK se besluit te appelleer.

 
 
 

Comments


bottom of page