Israel en Hamas keur die eerste fase van ’n vredesplan goed
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 9
- 1 min read
Amerikaanse president Donald Trump sê Israel en Hamas het albei die eerste fase van ’n vredesplan vir Gasa goedgekeur.
Hy het op Truth Social aangekondig dat alle gyselaars binnekort vrygelaat sal word en dat Israeliese troepe tot ’n ooreengekome lyn sal onttrek. Dit is die eerste stap na ’n blywende vrede.
Die ooreenkoms volg ná drie dae van gesprekke in Egipte onder bemiddeling van die VSA, Katar, Turkye en Egipte. Albei partye het die ooreenkoms bevestig, wat ’n gyselaar-gevangene-uitruiling en Israeliese onttrekking insluit.





Comments