Israel erken 'n jong joernalis se dood was met opset
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 11, 2025
- 1 min read
'n Prominente jong joernalis van die nuusdiens Al Jazeera, Anas al-Sharif, is dood ná 'n Israeli aanval op Gasa-stad.
Die BBC berig Israel het erken dat hy al-Sharif geteiken het, aangesien hulle die 28-jarige daarvan beskuldig het dat hy ‘n lid van Hamas is en hom net as ‘n joernalis voordoen.
Menseregte-voorstanders en die Verenigde Nasies sê daar is geen bewyse om Israel se bewering te ondersteun nie en die joernalis was die teiken vir sy verslaggewing oor die front-linie van die konflik in Gasa.
Vier van al-Sharif se verslagspan is ook dood ná die aanval.
Die nuusdiens het 'n boodskap van al-Sjarif op sosiale media gedeel wat hy geskryf het in geval van sy dood.
Hierin het hy gesê hy het nooit gehuiwer om die waarheid sonder enige wanvoorstelling oor te dra nie.






Comments