Israel het sy mees intense grondaanval nog op Gasa geloods
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 17
- 1 min read
Israel het sy mees intense grondaanval nog op Gasa geloods.
Palestyne sê Dinsdag was die ergste bombardement op Gasa wat hulle in meer as twee jaar in die gesig gestaar het.
Israel sê hulle beweeg dieper in Gasa in en sal die aantal soldate in die komende dae verhoog om Hamas te konfronteer. Die Joodse staat glo dat tot drieduisend Hamas-vegters in Gasa oorbly.
Israel het Dinsdag sy jongste aanval geloods ten spyte van dreigemente van sanksies van Europese lande.
Rosestad-nuus het vroeër berig 'n kommissie van ondersoek van die Verenigde Nasies het bevind dat Israel volksmoord in Gasa gepleeg het.





Comments