top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

J-Bay gons oor 'n eg Suid-Afrikaanse huweliksaansoek

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 21
  • 1 min read

Elke man wil sy meisie op 'n unieke manier vra om te trou – maar 'n man van Jeffreysbaai het die land laat swymel en lag met sy groot vraag.


Die man, net bekend as Denton, het sy meisie na Nina's Real Food geneem, maar dit was nie net die verloofring wat mense aan die praat gehad het nie. Saam met die huweliksaansoek het hy met sjokoladesous op die bord geskryf: "Sal jy by my mediese fonds aansluit?"


Good Things Guy berig Nina’s Real Food het die besondere oomblik op sosiale media gedeel en die gelukkige paartjie en hul tipies Suid-Afrikaanse huweliksaansoek gevier.


Nina's sê dit is dalk die mees Suid-Afrikaanse huweliksaansoek wat hulle nog ooit gesien het.


FOTO: Good Things Guy
FOTO: Good Things Guy

 
 
 

Comments


bottom of page