Jacob Zuma is in goeie gesondheid

Oct 8
1 min read
Die MK-party sê sy leier, Jacob Zuma, is in goeie gesondheid.
Dit volg nadat berigte die rondte gedoen het dat Zuma siek is en in die hospitaal opgeneem is. Die party sê Zuma was in die hospitaal vir ’n roetine-mediese ondersoek.
Die MK-party sê die voormalige president is in ’n goeie luim en gereed om die plaaslike regeringsverkiesingsveldtog te lei.









Comments