Jacques Freitag se moordbeskuldigde borgtog geweier
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7, 2025
- 1 min read
Die oud-prokureur wat vir Jacques Freitag se moord aangekla word, is in die landdroshof in Pretoria borgtog geweier.
Volgens Netwerk24 is daar bevind Rudi Lubbe hou ‘n vlugrisiko in, hy koester waarskynlik ‘n wrok teenoor een van die getuies teen hom, en die gesondheidsprobleem wat hy onder lede het, in aanhouding hanteer kan word.
Lubbe en Chantelle Oosthuizen is verlede jaar in hegtenis geneem op ‘n aanklag van moord op die voormalige hoogspring-wêreldkampioen nadat sy lyk op 1 Julie in ‘n veld by die Zandfontein-begraafplaas in Pretoria-Wes gevind is.
Freitag was toe reeds sowat ‘n week vermis.
Daar is ook ‘n aanklag van sameswering om moord te pleeg teen die beskuldigdes, sowel as een van poging tot moord.
Die staat beweer dat Freitag deur die beskuldigdes betrek is om Louis Harmse, Oosthuizen se verloofde, te vermoor.






Comments