top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Jan Taks klop in Julie aan

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 3, 2025
  • 1 min read

Die 2025-belastingseisoen begin op 7 Julie.

Maroela Media berig die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sê outomatiese aanslae sal vanaf 7 Julie tot 20 Julie gedoen word.

Individuele belastingbetalers wat nie voorlopige belastingopgawes indien nie, het dan vanaf 21 Julie tot 20 Oktober om hul belastingopgawes vir die 2025-belastingjaar in te dien.

Die belastingopgawes van trusts kan ook in dié tydperk ingedien word. Individue wat tevrede is met hul outomatiese assesserings, hoef geen verdere stappe te doen nie.

Indien daar enigiets verkeerd is of inligting wat ontbreek, is dit die belastingbetaler se verantwoordelikheid om die SAID in kennis te stel deur ʼn belastingopgawe in te dien.

 
 
 

Comments


bottom of page