top of page

‘Jan Taks moet aanspreeklik bly vir die belastingterugbetaling aan bedrogslagoffers’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 3, 2025
  • 1 min read

Jan Taks moet aanspreeklik bly vir ’n belastingterugbetaling aan ’n slagoffer van bedrog op die eFiling-stelsel, al is dié terugbetaling deur misdadigers gesteel. Dit is 'n wetswysiging wat deur die belastingombud voorgestel word.


Netwerk24 berig dié en ander aanbevelings word deur die ombud gemaak in ’n konsepverslag oor ’n sistemiese ondersoek wat uitgevoer is ná die kaping van eFiling-profiele.


Aanbevelings word ook aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gemaak om sy sokkies op te trek met sy dienslewering aan belastingbetalers wat onder dié misdaad deurloop, asook aan ander rolspelers soos banke, die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) en die polisie.


Die belastingombud se rol is om klagtes van belastingbetalers te hanteer. Luidens die verslag beskou die ombud die kaping van eFiling-profiele as ’n “ernstige bedreiging” vir die vertroue van belastingbetalers in die eFiling-stelsel en die geloofwaardigheid, veiligheid en doeltreffendheid van die hele belastingstelsel.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page