Jeugmaand word op ‘n kreatiewe noot afgesluit

Ter afsluiting van Jeugmaand het die Vrystaatse Provinsiale Regering, gelei deur Premier MaQueen Letsoha-Mathae, die Digitale Inhoudskeppers seminaar by die Naval Hill Planetarium in Bloemfontein bekendgestel. Luidens ‘n plasing aanlyn is die seminaar 'n strategiese platform wat ontwerp is om jeuggedrewe innovasie te ontsluit deur digitale inhoudskeppers met die regering en die nywerheid te verbind. Die missie is om digitale media te benut om die Vrystaat se ekonomie te versterk, werk te skep en die provinsie se profiel in sektore soos toerisme, tegnologie, landbou en vervaardiging te verhoog. Die inhoudskeppers sal oor die volgende paar dae saawerk, idees voorlê en maniere ondersoek om plaaslike stories in kragtige digitale bates te omskep.








Comments