Jim Fouché-leerders blink uit by ‘n Stoeikampioenskap
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 1
- 1 min read
Leerders van die Jim Fouché Skool het rede om trots te wees nadat jong stoeiers goed presteer het by die Suid-Afrikaanse Strand-stoei Kampioenskap in Jeffreysbaai.
Die groep, verbonde aan die Sand du Plessis Amateur Stoeiklub, het altesaam twee goue en drie silwer medaljes verower.
Jan Daniel Marais en Stiaan le Roux is as kampioene gekroon, terwyl Ruwan van Niekerk ook met twee silwer medaljes gespog het.
Stiaan le Roux het boonop nog ’n silwer medalje by sy prestasies gevoeg.
Afrigter Danie Bloem, self ’n oudleerder van die skool, het ook aan die senior kompetisie deelgeneem en dien as inspirasie vir die jong span.
Die prestasies word beskou as ’n bewys van harde werk en toewyding, met groot belofte vir die toekoms van stoei in die streek.








Comments