top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Joernalis, lewensmaat se families wag steeds op oorskot

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 9, 2025
1 min read

Die families van die vermoorde joernalis Sibusisu Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli, wag steeds vir hul oorskot.

Die polisie sê ‘n DNS-toets het bevestig dat die oorskot wat verlede maand in Mpumalanga gevind is, dié van die paar is.

Die twee het in Februarie vanjaar vermis geraak.

Agt verdagtes is intussen vir hul ontvoering en moord in hegtenis geneem.

Hul families sê die oorskot sal eers deur die polisie vrygelaat word nadat nadoodse ondersoeke afgehandel is.

 
 
 

Comments


bottom of page