top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Steenhuisen is vrygespreek van wangedrag

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 5
  • 1 min read

Die Openbare Beskermer het die voormalige DA-leier en voormalige minister van landbou, John Steenhuisen, vrygespreek van die oortreding van die Uitvoerende Etiese Kode oor personeelaanstellings in sy ministerie.


Die ondersoek het gevolg op ‘n klagte deur die EFF.


Die Openbare Beskermer het bevind dat vier voorgestelde aanstellings nie aan die vereiste kwalifikasies voldoen het nie, maar dat hulle nooit aangestel is nie, nadat ‘n versoek om van die vereistes af te wyk, afgekeur is.


Roman Cabanac se aanstelling is volgens die korrekte prosedures gedoen.


John Steenhuisen. FOTO: Facebook
John Steenhuisen. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page