top of page

Jong Bloemfonteiners is in ‘n huisbrand oorlede

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 16
  • 1 min read

Die 30-jarige ma wie se twee kinders vroeër die week in 'n huisbrand in Caleb Motshabi, Bloemfontein, oorlede is, sal eersdaags in die hof op aanklag van kinderverwaarlosing en strafbare manslag verskyn.


Volgens 'n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer het die ma glo die kinders alleen by die huis gelaat en kon gemeenskapslede slegs die oudste kind van agt jaar uit die brandende huis red.


Die departement se LUR Jabu Mbalulu sê die kinders se dood is tragies en dit kon voorkom gewees het as daar na hulle omgesien was.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


 
 
 

Comments


bottom of page