Jong Bloemfonteiners toor met plastiek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 4
- 1 min read
Jong Bloemfonteiners het beoordelaars van die Nasionale Musseum in Bloemfontein se Vrystaatse Jong Kunstenaarstoekennings beïndruk. Bloemnuus berig volgens die hoofbeoordelaar, Esther le Roux van die Oliewenhuis-kunsmuseum, is dit duidelik dat die kinders vreugde in hul kuns vind. Vanjaar se tema Gemaak van plastiek het kinders uitgedaag om te dink oor plastiek en die beskerming van die natuurlewe. Die 7-jarige Jess Nhlapo van die Blaze Sanctuary, Hoërskool Sentraal se 14-jarige Isabel van der Poel, en 15-jarige Luhan Opperman van Grey-kollege was die wenners in hul onderskeie afdelings. ‘n Uitstalling van die kunswerke wat vir die kompetisie ingeskryf is, is in die Nasionale Museum te sien





Comments