top of page

Jong plaasmeisie skou internasionaal met honde

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 31
  • 1 min read

'n Twaalfjarige diereliefhebber van Oudtshoorn, Lea Olivier, is pas terug van haar eerste internasionale hondeskou wat op 10 Augustus in Helsinki in Finland plaasgevind het.

Hier het beoordelaars twee uur voor die kompetisie ʼn hond aan elk van die 115 junior hanteerders toe. Die honde word volgens die ras se eienskappe beoordeel, maar Olivier sê jy en die vreemde hond moet vinnig 'n band opbou en dan saam as 'n span werk om sy eienskappe ten toon te stel.

Maroela Media berig dié plaasmeisie het vroeër vanjaar saam met haar Australiese skaaphonde, Cinderella en Jon Snow, by die nasionale kampioenskap koning gekraai.

 
 
 

Comments


bottom of page