Jong polisievrou vir dramatiese reddingsbydraes vereer

Jun 6, 2025
1 min read
'n Jong polisieduiker van Sasolburg is vereer vir haar buitengewone bydrae tot soek-en-reddingspogings in die Vrystaat.
Volgens 'n polisieverklaring het die 28-jarige Monica Delport haar plek tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se dapperstes in verskeie operasies losgeduik.
Delport was onder meer betrokke by die dramatiese redding in April vanjaar by die Koppiesdam, waar tien mense – onder wie drie babas en 'n bejaarde man – uit oorstroomde huise gered is.
Sy het ook gehelp met die redding van 'n boer, sy vrou en twee plaaswerkers wat op 'n trekker in vloedwater vasgekeer was, asook hul bulterriër.
Delport sê sy beskou die erkenning as 'n groot eer, en sy is dankbaar sy kan 'n verskil maak.








Comments