top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die NVG sê alle Idac-sake, insluitend dié van Medicare24, sal hersien word

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
1 hour ago
1 min read

Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Kaizer Kganyago, sê alle sake wat voor die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie (Idac) dien, insluitend dié van Medicare24, sal hersien word.


Volgens Kganyago word dit gedoen om te bepaal of daar genoeg bewyse is om met vervolgings voort te gaan.


Hy het vandag buite die Randburg-landdroshof in Gauteng gepraat, waar ’n 59-jarige senior polisiebeampte op aanklagte van seksuele oortredings verskyn het.


Kganyago voeg by dat leefstyloudits van Idac-lede sal voortduur, met die uitsondering van die voormalige hoof, Andrea Johnson, wat intussen bedank het.


LUISTER HIER:

Kaizer Kganyago

Kaizer Kganyago. FOTO: polity.org.za
Kaizer Kganyago. FOTO: polity.org.za

 
 
 

Comments


bottom of page