Jong Suid-Afrikaners verdien te min om te spaar
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 5
- 1 min read
Updated: Jul 6
’n Nuwe verslag deur BrandMapp toon dat meer as die helfte van Suid-Afrika se jong verbruikersklas minder as R1 000 per maand spaar.
Die verslag bevind dat 28% minder as R500 per maand spaar, terwyl nog 25% daarin slaag om tussen R501 en R1 000 opsy te sit.
Volgens BrandMapp het salarisse nie tred gehou met die stygende koste van behuising, vervoer, onderwys en daaglikse lewensuitgawes nie. Die maatskappy sê dit maak dit moeiliker vir jong mense om finansiële vryheid te bereik.
BrandMapp sê jong mense leef nie noodwendig van die hand na die mond nie, maar wel van salaris tot salaris.








Comments