Jong vroue is by Sewe Damme beroof

Twee jong vroue is in die gewilde Sewe Damme-natuurreservaat in Bloemfontein met ’n mes gedreig en beroof terwyl hulle gestap het.
Netwerk24 berig Ilana Steenkamp en Suné Wilken vertel hulle was op pad toe hulle ’n man sien aankom wat ook soos 'n stapper lyk. Hy het aanvanklik vir kos en water gevra, en toe 'n groot mes uitgehaal.
Steenkamp sê sy het in haar sak begin grou en hom gesmeek om hulle nie seer te maak nie.
Hy het hul selfone, ’n kamera met kameralense en die juweliersware wat Steenkamp om haar nek gedra het, gevat. Wilken se Garmin-horlosie is ook gesteel.
Ná die roof het die man weg gestap.
Die vroue is daarna gehelp deur ’n gesin wat aangestap gekom het. Hulle het ook ’n private veiligheidsmaatskappy gekontak wat ’n woonbuurt langs die reservaat patrolleer, maar volgens Steenkamp kon daar glo nie veel gedoen word om die rower op te spoor nie.
'n Saak van roof is by die Bayswater-polisiekantoor aanhangig gemaak.









Comments