top of page

Jongmense word oor die impak van dwelmmisbruik gewaarsku

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Die minister van vroue, jeug en persone met gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, waarsku jongmense teen die groeiende plaag van dwelmmisbruik.


Volgens haar bly dwelmmisbruik een van die mees ernstige uitdagings waarmee die jeug te kampe het, wat hul gesondheid, veiligheid en langtermynbydrae tot die land se sosio-ekonomiese ontwikkeling bedreig.


Dit dra ook by tot skoolverlating, werkloosheid, misdaad, geestesgesondheidsuitdagings, en geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord.


Die minister het beklemtoon dat jongmense hoogs kwesbaar is vir dwelm- en alkoholmisbruik, veral in gemeenskappe wat geraak word deur armoede, werkloosheid, ongelykheid en beperkte toegang tot ontspannings- en ekonomiese geleenthede.


Sy het jongmense aangespoor om aktief deel te neem aan positiewe inisiatiewe wat riskante gedrag verminder en gesonde leefstyl bevorder.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page