Jongste geweld wek kommer oor moontlike politieke spanning

Die kabinet het die onlangse vlaag van vermoedelike polities gemotiveerde moorde in Suid-Afrika veroordeel.
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die uitvoerende gesag moet nie inmeng in ondersoeke nie, aangesien wetstoepassingsagentskappe vertrou moet word om die situasie te hanteer en diegene wat vir die moorde verantwoordelik is, aan die pen te laat ry.
Drie mense is die afgelope week in Knysna in die Wes-Kaap dood. Onder die slagoffers is ’n voormalige burgemeester, ’n dienende munisipale raadslid en ’n voormalige raadslid.
Die jongste geweld wek kommer oor moontlike politieke spanning namate die plaaslike regeringsverkiesing in November nader kom.
Die kabinet doen ’n beroep op politieke partye en hul ondersteuners om verdraagsaamheid te handhaaf en verskille vreedsaam te hanteer.
Burgers word ook aangemoedig om enige vorm van intimidasie, dreigemente en geweld te verwerp wat die integriteit en veiligheid van die verkiesingsproses kan ondermyn.








Comments