top of page

Joshlin Smith: Die PA het glo nuwe inligting

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 5
  • 1 min read

Die leier van die PA, Gayton McKenzie, het onthul dat sy party nuwe geloofwaardige inligting oor Joshlin Smith se verdwyning ontvang het.


Die kind het in 2024 in Saldanhabaai in die Wes-Kaap vermis geraak.


McKenzie beweer dat hy geld toegeken het vir ‘n onafhanklike ondersoek na die dogtertjie se verdwyning. Hy voeg by dat die ondersoekbeamptes ‘n deurbraak gehad het, wat glo met die publiek gedeel sal word nadat hulle met die betrokke amptenare gepraat het.


McKenzie sê die nuwe inligting het die stigting van die Joshlin Smith-stigting vertraag, wat hy voorheen belowe het om met sy ministeriële salaris te befonds.


Joshlin Smith. FOTO: BBC
Joshlin Smith. FOTO: BBC

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page